Renaissance
’n Tuiste vir vrydenkende reisigers
Hier is ruimte om anders te dink en saam te vra: Wat glo ons, en waarop begrond ons dit?
Renaissance is ’n gemeenskap vir mense wat die lewe, betekenis en spiritualiteit met ’n oop gemoed wil verken. Sommige van ons kom uit godsdienstige tradisies, ander nie. Ons put uit verskillende godsdienstige, filosofiese en wetenskaplike bronne, maar bly krities teenoor vaste etikette en oortuigings – ook ons eie – en ondersoek idees met kritiese denke, nuuskierigheid en ‘n oop gemoed.
Wat ons saambind, is nie ’n gemeenskaplike geloofsbelydenis nie, maar ’n bereidheid om eerlik te vra, aandagtig te luister en saam te groei.
Sedert 2006 bied Renaissance ’n tuiste aan mense wat buite tradisionele geloofsgemeenskappe dink en leef, maar steeds die warmte en betekenis van gemeenskap waardeer. Ons glo dat spirituele, filosofiese of persoonlike verkenning nie ’n eensame reis hoef te wees nie. Daarom probeer ons ’n ruimte skep waar mense hul vrae, onsekerhede en ontdekkings kan saambring sonder dat iemand vooraf voorskryf wat die antwoorde behoort te wees.
Jy kan fisies by ons aansluit of deur ons digitale platforms deel van die gesprek word.
Hier is ruimte vir jou storie, jou vrae en jou eie reis
ALTERNATIEF
EERLIK