Byeenkomste in Pretoria

Ons vergader elke Sondagoggend van 9:00 tot 10:00 in Safari-tuinsentrum se kapel, op die hoek van Lynnwoodweg en Rubidastraat. Ons saamwees word gevul met ‘n praatjie, stilte en klassieke musiek. Hierdie elemente bied ‘n neutrale ruimte buite die dogma en liturgie van ‘n godsdiens.

Na afloop van die byeenkoms drink ons saam koffie by Safari se restaurant.

Pad-aanwysings


Vanaf die N1, neem die afrit na Lynnwoodweg. Ry in die rigting weg vanaf Pretoria middestad, na die ooste se kant. Safari Kapel is ongeveer agt verkeersligte ver as mens eers oor die brug gery het. Safari Tuin­sentrum is uit te ken aan hulle grasdakke. Die ingang vorm deel van die kruising met Rubida-straat. Ry eers in, en daarna nogal ver na links, agter-om die eerste geboue. Daar is parkering by die kapel. Daar word elke Sondag sekuriteit vir motors voorsien.

Grade, Minute, Sekondes: 25°46’03″S , 28°18’15″E
Grade, Desimale Minute: 25°46.060’S , 28°18.251’E
Desimale Grade: 25.767671°S , 28.304185°E 

Sluit sonder meer ook aan by ons Facebook Groep.