Stuur ‘n e-pos na: philip@renaissancegem.co.za

Kontak ons via Whatsapp by:
082 468 1545

Sondae

BYEENKOMSTE IN PRETORIA

Ons kom elke Sondagoggend van 09:00 tot 10:00 byeen in die kapel by Safari-tuinsentrum, op die hoek van Lynnwoodweg en Rubidastraat, Pretoria.

Die byeenkoms bestaan gewoonlik uit ’n praatjie, ’n paar minute van stilte en klassieke musiek. Ons probeer daarmee ’n rustige, oop ruimte skep buite die dogma en liturgie van ’n bepaalde godsdiens – ’n ruimte vir nadenke, verwondering en persoonlike verdieping.

Die praatjies ondersoek ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Filosofie, sielkunde, neurowetenskap, geskiedenis, antieke godsdienstige tradisies, mitologie, etiek en die kuns van menswees kom gereeld aan die beurt. Geen enkele tradisie of bron kry vanselfsprekend die laaste woord nie.

Ná die byeenkoms drink ons saam koffie by Safari se restaurant. Vir baie van ons is dié informele saamwees net so belangrik soos die uur in die kapel.

Pad-aanwysings

Vanaf die N1, neem die afrit na Lynnwoodweg. Ry in die rigting weg vanaf Pretoria middestad, na die ooste se kant. Safari Kapel is ongeveer agt verkeersligte ver as mens eers oor die brug gery het. Safari Tuin­sentrum is uit te ken aan hulle grasdakke. Die ingang vorm deel van die kruising met Rubida-straat. Ry eers in, en daarna nogal ver na links, agter-om die eerste geboue. Daar is parkering by die kapel. Daar word elke Sondag sekuriteit vir motors voorsien.

Grade, Minute, Sekondes: 25°46’03″S , 28°18’15″E Grade, Desimale Minute: 25°46.060’S , 28°18.251’E Desimale Grade: 25.767671°S , 28.304185°E

Ons Sondae in Pretoria

Philip Liebenberg is verantwoordelik vir Renaissance se weeklikse byeenkomste en bied die meeste van die praatjies aan.

Omdat oop en eerlike verkenning deel van Renaissance se etos is, wissel die onderwerpe wyd. ’n Enkele onderwerp kan belig word vanuit antieke denke, Westerse en Oosterse filosofie, godsdienstige en mitologiese tradisies, sielkunde, neurowetenskap en ander wetenskaplike dissiplines.

Die doel is nie om by ’n finale antwoord uit te kom nie. Dit is eerder om saam te ondersoek ten einde onsself, ander mense, antieke denke, moderne wetenskap en die lewe ’n bietjie beter te verstaan.

Sondae: 09:00–10:00
Safari-tuinsentrum se kapel
Hoek van Lynnwoodweg en Rubidastraat, Pretoria

Ná die byeenkoms kuier ons saam oor koffie by Safari se restaurant